KADESH
wOORDBEDIENING
Download MP3!
Watch on Youtube!
Ons woon op 'n kleinhoewe noord-oos van Pretoria, waarop ons 'n plek van samekoms het, en waarop ons 'n klein selfonderhoudende boerdery bedryf.

Ons is die afgelope 30 jaar in Woordbediening.  Ons het geen sin in “ek-dink-teologie” nie, maar wel in dit wat in die Skrif geskrywe is.  Ons verwysing in die uitleg van die Skrif is te alle tye die Skrif self, en nie doktrinale of traditionele interpretasie nie.
Daar die Nuwe Testament geskryf was deur Hebreeussprekendes ( hetsy in Hebreeus of in Grieks), vanuit 'n Hebreeuse kultuur, het ons oor die jare in ons studies gevind dat die Hebreeuse taal 'n asemrowendryke skatkamer is waaruit ons die Skrif beter kan verstaan.

Ons doel is om mense aan te moedig en te onderrig in die beginsels van die Woord, sodat ons kan opgroei in ons Here Jesus Christus - om gelowiges te rig in HOE om die Here Jesus Christus die beherende plek te gee in ons denke, doen en late!

      ONS BID DAT:      U Naam geheilig word
                                        U koninkryk kom, en
                                            U wil geskied!


                                    MARANATHA!!
Meer oor ons
John & Gisela Hendriks
© 2015 KADESH.CO.ZA    ALL RIGHTS RESERVED